Ons dra die vrede van God in ons hart. Laat ons mond die belydenis uitdra na n wêreld wat hoop nodig het. Sterkte aan almal en weet ons is daar vir julle
|
Die lewe raak soms so gejaag dat ons vergeet om te rus. God het die aarde geskep in 6 dae en op die 7de gerus. Hoeveel temeer nie ons nie. Gebruik die tyd om saam op God te wag. Kyk na jouself en jou geliefdes en laat toe dat God u versterk. Hou moed en wees veilig. Laat elkeen van ons ons deel doen en God sal die res doen.
|
Dis ons Woord van die jaar maar ook ons hoop in die tyd. God sal 'n weg maak vir jou. Hou vas
|
God sal jou nooit verlaat nie. Hy is jou rotsvesting en jy kan op Hom vertrou in hierdie tyd
|
Laat ons vashou aan die ewige hoop in Christus se opstandings krag. Hy is Almagtig en Alwetend - Jy is Sy kind, Hy sal jou dra!
|
God gee ons krag om bo ons omstandighede uit te styg. Hou vas aan Hom as jou rots en anker
|
God se Gees tree vandag vir jou in om versterk te word. Hy ken jou behoeftes.
|
Laat ons elke nuwe dag sien as 'n genade geskenk van God. Wees vandag dankbaar oor dit wat jy het.
|
Kom ons doen ons deel om die las minder te maak vir ander. Bid vir ons gemeente - hul besighede, hul geliefdes en hul gemoed. As iemand in jou gedagtes is, maak kontak en bid vir hulle vandag.
|
Christus maak die lewe die moeite werd. Ons leef deur die geloof en nie in aanskouing nie. Staan sterk. Ons bid vir julle!
|
Raak vandag bewus van God se liefde vir jou. Hy het vir jou Sy Enigste en Beste gegee
|
Vandag is die dag van die grootste liefdes daad ooit - Dat Jesus Sy lewe afgelê het vir ons. Laat ons hierdie dag herdenk met dankbaarheid.
|
Wat 'n groot waarheid om aan vas te hou. God is besig met groot dinge. Hy het die dood oorwin, so kan Hy ons ook hierdeur dra!
|
Deur Sy opstanding het ons 'n lewende hoop as Sy kinders.
|
Ons het nou tyd. Spandeer meer met God, Vertrou dat Hy vir jou sal deurkom. Lees gerus die hele Rom 12 en begin jou lewe inrig volgens God se wil
|
Laat ons vandag na iemand toe uitreik en hulle bemoedig. Ons almal het dit een of ander tyd nodig. Ons bid vir jou. Staan sterk.
|
As Christus ons lewe oorneem verander Hy ons dat ons nie gefokus is net op onsself nie maar op dit wat God wil hê ons moet doen. In plaas van om al ons behoeftes voor God te lê vandag, vra Hom wat jy vir Hom kan doen! Hy ken alreeds jou behoeftes.
|
Hy sal jou elke dag versterk en vrede gee. Watter behoefte jy ookal het vandag, bring dit na die Here. Hy is daar vir jou
|
God help ons met ons vrese en versterk ons in moeilike tye. Hy is 'n anker en 'n rots vir ons tydens die lewens' storms. Hy hou jou in die holte van Sy hand.
|
God sal jou nooit vergeet nie. Jy is kosbaar en waardevol.
|
God stap vooruit en maak vir ons 'n weg. Ons hoef nie bang te wees vir die dag van môre nie.
|
Die Gees van God is juis wat ons sterk maak. Die vrug wat Hy voortbring in ons lewe lyk anders as wat die wêreld gee. Staan op en staan uit met God se vrug in jou lewe.
|
Raak dinge soms oorweldigend? Gaan na God toe en ervaar die rus en vrede wat Hy gee. Hou moed en staan sterk met God aan jou sy. Julle bly in ons gebede.
|
Maak vandag tyd om God te loof. Hy is waardig om geloof te word. As ons God ophef, word ons saam Hom opgerig en versterk
|
Laat ons weer opnuut ons oë vestig op die wenstreep! Jesus is die rede vir ons lewe en ons krag vir elke dag!
|
Ons hoef nie benoud te raak onder die beskerming van God nie. Inteendeel, Hy vul ons met vreugde te midde van die storms. Hou vas aan Hom en bly in Sy skaduwee. Sy teenwoordigheid maak ons vry van vrees
|
In die donkerste tye van ons lewe kry ons hoop uit die Woord van God
|
Baie geseënde moedersdag aan al die mamma's. Mag julle vandag weereens besef dat julle kosbaar is.
|
Ons bid elke dag vir jou dat God jou sal versterk. Laat weet ons asb indien daar enige behoeftes is waarmee ons kan help of voor kan bid.
|
Staan vas in die Here wat jou krag is. Hy sal altyd daar wees vir jou
|
God verwag totale oorgawe van ons. Gee jou alles soos Jesus Sy alles vir jou gegee het. Hy bly getrou as jy in geloof aan Hom vashou!
|
Dis so maklik om toe te laat dat die omstandighede van die wêreld ons gemoed en denke negatief beïnvloed. Wees eerder gefokus op God en laat toe dat Hy jou standvastig maak in die Gees!
|
God is die Een wat altyd nog dieselfde is. Dit wat Hy belowe het, sal Hy doen. Hy bly getrou aan Sy Woord
|
Raad vir ons jonger generasie op Jeugdag. Dis ook raad vir elkeen van ons om weer by God se Woord uit te kom
|
Kom ons eer God vandag en loof Hom vir Sy goedheid
|
Die kortste maar kragtigste vers in die Bybel. Moet nooit opgee nie. Hou aan bid. God hoor elke gebed. Weet dat ons elke dag vir julle bid!
|
Die mooiste boodskap dat Christus in ons leef is dat ons lief is vir mekaar! Deel daai liefde vandag met iemand wat dit nodig het.
|
Wat doen jy in moeilike omstandighede? Hier sit Paulus en Silas in die tronk. Hulle bid en sing lofliedere en u kan verder lees oor hoe God dit gebruik om hulle sowel as ander te help. "Praise Him in the storms of your life. He's the Waymaker, Miracle worker, Promise keeper and the light in the darkness"
|
Baie geseënde vadersdag. Mag die pa's van ons gemeente weereens vandag besef hoe kosbaar julle is.
|
Wanneer ons op ons swakste is, kom God en gee vir ons krag!
|
Jou passie en sin in die lewe is aangedryf deur dit wat vir jou belangrik is. Maak seker God is deel van dit!
|
Wees daar vir mekaar in die goeie en slegte tye van die lewe. Ondersteun die in nood waar jy kan en deel ook in die vreugde van ander se oorwinnings en voorspoed. Saam is ons beter
|